Koperkabel diewe gaan so te werk

KROONSTAD. – Adv. Orpa Wessels, regsadviseur van die private speurmaatskappy Combined Private Investigations (CPI) op Kroonstad, het aan Volksblad verduidelik wat presies waar gesteel word en ’n blik gegee op die werkwyse van kabeldiewe.)Treindienste: ’n Oorhoofse geleierkabel word afgeknip (sien skets).
Koperdiewe gebruik gewoonlik ’n houtstok met ’n saag vooraan om die kabel te sny.
“Sodra die geknipte deel van die kabel op die grond val, ontstaan ’n kortsluiting wat die kabel sonder krag laat, oftewel dood-“short”.

“Die´ geleierkabel is bo die kontakkabel. Die kabeldiewe is agter die geleierkabel aan omdat dit maklik is om op te rol en te verwyder. Dit is suiwer koper.”

Voorts word die ondergrondse kommunikasiekabel ook gesteel. Dit voorsien seine waarmee die treine met hul stasies kommunikeer. Die kabels het nie elektrisiteit nie, wat dit veilig maak. Die´ kabel is vol dun koperstafies.)Eskom: Terwyl sommige diewe hoogspanningsdrade steel, is die kragsubstasies ’n groot gunsteling omdat diewe agter die soliede koperstawe daarbinne is, se^ Wessels. Die´ stawe is 2cm dik, 70mm breed en kom in verskillende lengtes voor, se^ sy. “Die inhoud van transformators bestaan uit soliede koper.”

’n Ander gunsteling is kragbokse by kragpale. Wessels se^ binne-in so ’n kragboks is ’n modem met ’n sim-kaart. “Die diewe haal die simkaart uit en sit dit in hul selfone, waarmee hulle rojaal kan rondbel.

“As Eskom besef daar is ’n kommunikasie-onderbreking en onraad vermoed, blokkeer hulle die simkaarte. Teen die tyd wat die simkaart geblokkeer word, het die dief reeds baie lugtyd gebruik.

“Hoewel die ligging waarvandaan ’n selfoonoproep gemaak word, vasgestel kan word, help dit nie. Die selfoon word o´f weggegooi, o´f het nie ’n korrekte reeksnommer nie o´f het reeds soveel keer eienaarskap verwissel dat dit moeilik is om vas te stel waar presies die selfoon is.” **Die werkwyse: Wessels se^ uit tendensontleding is dit vasgestel dat die meeste kabeldiewe Mosambiekers is. “Kabeldiefstal neem drasties af teen November omdat die Mosambiekers dan terug huis toe gaan. Diefstal neem eers weer toe na´ die middel van Januarie.”

Sy se^ die Mosambiekers werk in bendes en laat nie sommer ’n Suid-Afrikaner in hul midde toe nie.

“Daarom is dit moeilik om ’n informant onder hulle in te kry.

“In die bendes het elkeen ook sy plig. Een saag, ’n ander een rol die kabel op en ander dra dit weg.”

By kragsubstasies breek diewe of die deure o´f beweeg in ondergrondse kragtonnels tot binne-in die substasie.

Veral laasgenoemde werkwyse is bitter gevaarlik omdat diewe hulle maklik doodskok. Baie kabeldiewe het hulle al so´ doodgeskok, se^ Wessels.

Wessels noem dat CPI-ondersoekers op byna elke misdaadtoneel nog ontlasting gevind het. Di´t het soort van ’n kenmerk van misdaadtonele geword.

“Die persoon wat die kabel saag is onder ongelooflike druk – ’n jaag teen tyd en ’n vrees vir skokke – dit alles werk op hul senuwees en laat die natuur roep.”

GESOG. Die´ soort boutknipper (nr.1) word deur koperdiewe gebruik om twee gesogte besittings van Transnet te steel: die oorhoofse geleierdraad (nr.3) en die kommunikasiekabel (nr.4). Die kontakkabel (nr.2) waarteen die treine se pantograaf druk, word glo nie maklik gesteel nie, omdat dit nie soos die geleierdraad opgerol kan word nie. Foto: JOHAN BRITS – Volksblad