Gryp in, smeek opposisie

2011-09-08 23:10 Johan Brits

KROONSTAD. – Verliese van meer as R1 miljard per jaar, ’n gemiddeld van tien treine wat per dag gekanselleer moet word, verlammende kragkrisisse en dood. Di´t alles skets ’n donker prentjie van die verreikende gevolge van koperdiefstal in Suid-Afrika waarteen opposisiepartye in die parlement nou om ingryping smeek.

Slegs in Julie vanjaar het die skade van koperdiefstal vir ondernemings oor die land heen R15,84miljoen beloop, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) bekend gemaak. Die vorige maand was die skade R14,37miljoen. (Lees in berig hiernaas oor die vernietigende gevolge van koperdiefstal.) Kragstasies en treinspore het ’n teelaarde vir koperdiefstal geword omdat kabels wat daar gebruik word, uit koper bestaan.

Koperdiefstal is ’n uiters lonende misdaad omdat ’n vermeende dief tot soveel as R200000 tot R300000 per nag (uit een diefstal) kan maak, se^ adv. Orpa Wessels, regsadviseur van die private speurmaatskappy Combined Private Investigations (CPI) op Kroonstad, wat deur Eskom en Transnet gebruik word om die diefstal van koperdraad te ondersoek.

Wessels se^ Suid-Afrika se koper is groot in aanvraag omdat dit van baie hoe¨ gehalte is. Sy se^ 90% van die koper word na China uitgevoer. Die SAKKN het vroee¨r ook gese^ terwyl westelike ekonomiee¨ swak bly, bly die vraag na koper sterk in ekonomiee¨ soos China, die we^reld se grootste verbruiker van metaal.

Koper verhandel nou teen R63000 per ton. Mnr. Jonathan Holden, hoof van operasies van die versekeringsmaatskappy Lions of Africa Insurance, het aan Volksblad gese^ ondernemings staan “stomgeslaan” oor die verliese wat hulle weens die´ toenemende misdade ly. Die DA meen koperdiefstal het die hoogste vlakke nog bereik. Mnr. Pieter van Dalen, DA-LP en partywoordvoerder oor openbare ondernemings, se^ strenger wetgewing is nodig.

Hy meen koperdiefstal moet tot ’n voorkeurmisdaad verklaar word en 40% uitvoerbelasting moet ook op koper gehef word.
“Koperdiefstal is ’n ekonomiese misdaad wat almal raak en die regering moet dringend maatree¨ls in werking stel om dit te bekamp,” se^ Van Dalen. Die OD se parlemente^re leier, mnr. Joe McGluwa, se^ die regering is besig om die oorlog teen koperdiefstal te verloor. McGluwa se^ die regering moet strenger ree¨ls en regulasies instel wat beheer sal uitoefen oor diegene wat uitvoerlisensies besit. “As ons nie in staat is om onwettige uitvoer te beheer nie, kan ons dit netsowel oorweeg om die uitvoer van afvalkoper te verbied.” Adv. Anton Alberts, LP van die VF+, meen kabeldiefstal is ’n “los garingdraadjie” in die samelewing.

Werkloosheid kry altyd die skuld vir diefstal. Hy se^ die ekonomiese stelsel in die land het gebreke, soos regstellende aksie en korrupsie in die regering, en as die ekonomiese stelsel reggemaak kan word, sal daar ’n groei wees in velde van werkskepping en sal diefstal afneem. Wessels se^ wetgewing moet skroothandelaars wat die koper aankoop, vasvat.

“Dit is hulle wat die koperkabels koop. Kragtens wet moet alle ontvangde materiaal in ’n register (kragtens die Wet op Tweedehandse Goed, nr. 23 van 1955) geskryf word, maar dit gebeur grootliks nie.
“Die probleem sal nooit opgelos kan word as skroothandelaars nie saamwerk nie.
“Druk moet op die regering toegepas word omdat hulle nie besef watter impak die diefstal op die ekonomie het nie,” maan sy ernstig.
- Volksblad